See

In Cannes se inham lê rykmansbote, ’n vloot gedwee
soos ligkastele, snoete raak weg in oksels van die see.
Jong lywe het hier verbygegaan, mekaar gesoen
dobberende borste, voete soos perlemoen.
Sy verkyk haar in Portofino aan die son se seine
en die akrobatiese vernuf van waaghalsige dolfyne.
Saans sink die son sonder takelwerk
maak wind op haar lyf onsigbaar ’n merk.
Sy moet my in die oog hou
en my styf teen haar vashou
voor ek – van alles gestroop –
op die rotse loop.

 

Sea

Rich men’s yachts bob in the cove of Cannes, a fleet set free,
castles of light, their snouts in the armpits of the sea.
Young bodies pass by here, kisses unfurl,
breasts like buoys, feet like mother of pearl.
In Portofino, the dolphins’ reckless, acrobatic pluck,
the play of light, fill her with a sense of luck.
In the evening, as the sun sinks free of yachts’ tackle,
the wind marks her body, an invisible shackle.
She must keep me reined in,
hold me tight against her skin
before I – stripped to the bone –
wash up on the rocks, alone.

 

volmaan

die volmaan hang
verlate oor ’n boom
terwyl ek droom
verlore na jou verlang

 

full moon

desolate, the full moon
floats across a tree
as i dream of being free
free to take you in full swoon

 

Aan flarde

Wind pluk engelvere in die beloofde land,
laat dit oor einders fladder tot waar die son sink.
Een waai hier teen ’n taaibos vas, land in my hand.
Ek streel die donse terug, doop die skagpunt in ink
en skryf vir jou op die netvlies van die nag.
Ek stuur vir jou ’n gedig toe sterre verskiet
en jy in jou drome se koelte op my wag,
verbyster oor hoe vinnig liefde kan vervliet.
My veerpendrif splyt skielik en laat skrik jou op:
jy vlug, jy wyk in die donker se noutes uit.
Ek soek jou asem. Bang-bang tril my hart se klop.
Rampspoed roer in als – wind, lot en vergetelheid.
En ek skeur die gedig aan flarde, om te vind:
Oral swerm daar pluksels vere in die wind.

 

To pieces

Wind plucks angel feathers from a promised land,
lets them flutter across horizons, the sun’s brink.
One blows up against the scrub, finds my hand.
I stroke back the feathers and dip the quill in ink.
And so I write to you on the retina of night.
I write you a poem as stars fall out of the sky
and you await me in the shade of dreamy light,
agape at how quickly love can flicker and die.
But my quill falters. You awake in shock so sharp
you take flight through night’s narrow gate.
I seek your breath, terror beating at my heart
as disaster stirs in the winds, the voids of fate.
I rip the poem to pieces, only then to stare:
feathers swarming in the windblown air.

 

Vere in die wind

Ek sien hoe jou brief, vere uit die wind se hand,
teen verrinneweerde taaibostakke vasvlieg.
Party reëls kom op ’n rivier se rug te land
en ander bly soos blare in die herfslug wieg.
In my drome gewaar ek flardes van ’n brief,
buig ek oor jou skeursels, vleg dit dan met ’n lint.
In elke vlegsel soek ek na jou naam, my lief,
maar liefde is ’n woord te vlugtig in die wind.
Deur skrewe van verbeel sien ek jou sinne skryf,
hoor ek jou liefde op velle papier fluister.
Terwyl die maan buite op ’n donker meer dryf,
sterre halfmas hang, wil ek na jou stem luister.
Ek verlang ’n brief – verlang jou brief, jou asem.
My woorde slaan teen jou omtrek aan soos wasem.

 

Feathers in the wind

I watch as your letter, feathers torn from wind’s grip
snags on the gaunt taaibos, its unruly hair.
Some lines come to land on a river’s lip.
Others, like leaves, hover in the autumn air.
In my dreams I see the tatters of a letter.
I bend over and ribbon together the bits.
In every braid, I seek your name, love’s fetter
but love is a word that flies on the wind like riffs.
Through serifs of vision I see you writing lines.
I hear your love whispering on sheets of paper.
The moon drifts on a lake of darkened vines,
the stars pale. I long for your breath, a rapier.
I seek out your body’s lettering as if in a haze.
My words fall like vapour off your absent gaze.

 

My hand ritsel

As die skemer deur ruite val,
ritsel my hand op leë papier.
’n Trein fluit in die nag se oor,
sterre dryf soos bote op water
en skadu’s skuif in voor die maan.
As my hand ritsel op papier,
kom daar in die skemeruur
’n gedig uit swartland se drome.
Ek soek tussen die fragmente
na die omtrek van jou gesig,
my oë dwaal oor die are
wat op jou sagte hande vertak.
Ek merk hierdie gedig op papier,
lig soos asem in die nag se mond.
’n Gedig met horte en stote,
my hand is stomp en dom
van groen poësie se vlekke
en woordlyne bly ontspoor.
My hand skryf op papier
in die vervalle skemeruur
voor my woorde droog ritsel.

 

Rustle of language

Dusk seeps through the panes.
I hear the rustle of language,
the whistle of a night train.
Stars drift like boats on water,
shadows shift across the moon.
I hear this rustle like leaves,
then dusk blows in a poem
from the black land of dreams.
Feeling through the fragments
I seek the outline of your face.
My eyes wander across veins
branching your soft hands.
On paper I notate this rustle so light
like breath escaping night’s mouth.
A poem in stops and starts
out of a hand so blunt, so ignorant
bruised with the vines of green verse
and still I lose their shape.
My hand notates, on paper
in the ruins of dusk
the rustle of language.

 

Wingerde van Arles

Die wingerde van Arles
slinger teen steiltes op.
Landerye staan in ligte laaie,
oral slaan hitte
koors op vrouelywe uit.
Dié vlammende engele
hurk in blou rokke
geel oranje rooi.
Korrels breek oop, druppels
bloed op die grond.
Rawe swerm oor stoppels,
gewaar ’n skilder.
Met haptiese hale
swerf hy in ’n ander land.
Hy wil die stemme
in sy kop smoor,
daar was nie ’n sagte hand
om hom te laat swyg nie.
Daar was net die pêreling
van warm bloed op droë vel,
dik pigment op doek.

 

Red vineyards of Arles

The vineyards of Arlessprawl up the slope.
The lands are aflame.
Everywhere you look, heat.
Women’s bodies break into fever,
bent over in purple,
these flaming angels,
yellow orange red.
Grapes burst, leaching
blood onto the ground.
Ravens swarm above the stubble.
A painter enters the picture.
With flaming flourishes
he roams another land.
These voices in his head
he wishes he could smother,
no soft or gentle hand
brings silence down upon him.
Only the beading of hot blood
on dry skin,
thick pigment on canvas.